• Tuisblad
  • Kursusse
  • Produkte
  • Kontak

Welkom by Byeboerdery

Ek bied praktiese byeboerdery-kursusse aan, om mense te leer om met vertroue met bye te werk, 'n byeboerdery te begin en te bedryf, om byeprodukte vir hulself te verskaf of om te verkoop.  Ek het 40 jaar ondervinding van praktiese byeboerdery en wil graag my kennis oordra aan ander en hulle bekendstel aan hierdie natuurwonder wat elke dag naby aan ons is.

 

Dirk Geldenhuys

 

 

BYE VERWYDER   Ek verwyder ook bye in Pretoria, Rayton, Cullinan, Bronkhorstspruit, asook  in omliggende    omgewings 

BEE REMOVAL     I remove bees in Pretoria, Rayton, Cullinan, Bronkhorstspruit, and surrounding areas.

 

 

Volgende Kursus


Saterdag 26 Mei 2012 


Die kursus word aangebied op ‘n kleinhoewe 20 km oos van Pretoria langs die R104, op pad na Bronkhorstspruit.

Die kursus koste : R500 vooruitbetaal om u plek te verseker.

‘n Ligte ete, tee en koffie is ingesluit.

Die kursus sal op Saterdae plaasvind of gedurende die week indien daar ‘n behoefte is.

Die kursus sal met ‘n maksimum van 10 en ‘n minmum van 6 aangebied word.

Aanvangstyd is 09h00 en sal aanhou tot 16h00.

Beskermende klere (oorpak, byeskerm, byehandskoene en stewels) is noodsaaklik. Indien u nie daaroor beskik nie, kan reelings getref word

The course can also be presented in English.

Tuisblad | Kursusse | Kontak My

Copyright © 2012. All Rights Reserved.

Website Design and Hosting by Webbuild